top of page
DINAKIDS (4jr-Gr7):

 

Hier leer kinders wat dit is om Jesus te ken en saam met Hom te leef

 

Dinakids is ons bediening aan voor- en laerskoolkinders van 4 jaar oud tot en met graad 7.  Elke Sondag om 9:00 kom die kinders as groot groep bymekaar, "worship" saam en verdeel dan in selgroepe vir verskillende ouderdomsgroepe.  Die kinders kry ook geleentheid om mekaar en die kerk te dien met hulle gawes bv. help groet by die deure, ens.  Daar is ook kampe en uitreike en "socials" en wat nog alles!
 
Die doelwit van Dinakids is om aan die einde van Gr 7 'n kind die wêreld te kan instuur wat geloofsvolwasse genoeg is om self verantwoordelikheid te neem vir sy/haar geestelike lewe.  Indien jy meer wil weet of jou kind hierin wil laat deel (of dalk selfs ons hier kom help kinders se lewens verander) kontak die hoof van Dinakids - Aliesha van Wyk by 076 452 8351 of kids@dinamus.co.za.
bottom of page