top of page
DINAMIX (Gr8-12):

 

Hier word jongmense "real" vriende en volgelinge van Jesus

 

Dinamix is ons bediening aan hoërskooljongmense van Gr 8 tot 12.  Elke Sondag om 18:30 het ons "Dinamix Konnekt" waar die jongmense KONNEKT met God deur saam te "worship" en te luister na 'n kort en kragtige boodskap.  Dan KONNEKT hulle met mekaar in selgroepe vol jongmense van dieselfde graad en geslag wat die boodskap saam deurtrap. Hierdie groepe word gelei deur jongvolwassenes wat die jongmense se taal praat en hulle wêreld verstaan. Die jongmense kry ook geleentheid om te KONNEKT met ander deur die kerk te dien met hulle gawes bv. help as assistente by ons Dinakids op Sondae oggende en ander te nooi na DINAMIX KONNEKT.  Daar is ook kampe en uitreike en "socials" en wat nog alles!
 
Die doelwit van Dinamix is om aan die einde van Gr 12 'n jongmens die wêreld te kan instuur wat geloofsvolwasse genoeg is om self verantwoordelikheid te neem vir sy/haar geestelike lewe.  Indien jy meer wil weet of jy/jou kind hierin wil deel kontak ons leierleraar, Johann Fourie op sy selfoon by 082 823 1074 of johann@dinamus.co.za.
bottom of page