top of page
VOLWASSENES:

 

Om 'n groot kerk soos 'n klein hegte groep te laat voel begin hier

 

Selgroepe:

 

Selgroepe is klein groepe mense wat weekliks ontmoet om vir mekaar om te gee en saam geestelik te groei.  Verskeie groepe bestaan en almal is welkom hetsy jonk of oud, enkel, getroud of geskei.  Ons het 'n plek vir jou waar jy kan inpas en kan groei.  Indien jy navraag wil doen of wil inskakel "click" hier  

Beginpunt:

 

Wonder jy oor God, geloof, "lidmaat"-word, en wat nog alles?  BEGINPUNT is 'n agt weke gespreksgroep wat jou die gleentheid bied om antwoorde te kry in 'n veilige en nie-bedreigende omgewing.  In hierdie groep sal jy ervaar wat dit beteken om in lewe te doen saam met ander wat op dieselfde "journey" is as jy...  Indien jy belangstel e-pos ons by admin@dinamus.co.za.   

Doop:

 

Aangesien Jesus ons die opdrag gegee het om gedoop te word, is om gedoop te word 'n daad van gehoorsaamheid.  Al is dit nie nodig vir verlossing nie, is dit 'n bewys dat 'n persoon hom-/haarself ondergeskik stel aan God en besluit het om Jesus te volg en 'n nuwe lewe saam met Hom te leef.  Indien jy belangstel om gedoop te word, "click" hier  

bottom of page