top of page
NOOI:

 

Ons glo die Here gebruik verhoudings om almal van ons ten goede te verander.  Die realiteit is agter dat ons nie verhoudings ervaar deur in die rye te sit op Sondae nie.  Om saam te leer is 'n belangrike eerste tree, maar dit is nie die enigste tree nie.  Wanneer jy ten volle betrokke is in die lewe van 'n kerk, gebruik God ander mense om jou te help groei en Hy gebruik jou om ander mense te help om te groei. 

 

Jesus se intensie was nie dat die kerk 'n eksklusiewe klub moet wees nie. Hy wil hê almal moet Hom ken en volg.  Daarom sien ons dit as onmisbaar dat soos ons meer betrokke raak by kerk, dat ons moeite doen met die ongelowige of kerklos mense in ons eie lewens. Dit beteken nie ons hanteer hulle soos "projekkies" nie. Dit beteken dat ons regtig vir hulle omgee, agterkom wat aangaan in hulle lewens en, wanneer die tyd reg is, dan nooi ons hulle om die gepaste volgende tree te neem om nader aan 'n persoonlike verhouding met Jesus te kom (of dit nou is om hulle saam kerk toe te nooi of selgroep toe of wat ook al). 

bottom of page