top of page

SKAKEL IN:

 

Ons wil die tipe kerk wees wat mense graag wil bywoon.  Om daardie tipe kerk te wees, het ons die hulp van mense nodig wat ons passie deel om mense te lei tot 'n groeiende verhouding met Jesus Christus. 

 

Indien jy hierdie passie deel kan jy ten volle inskakel in die lewe van ons kerk deur vier dinge te doen: Word deel. Dien. Dra by. Nooi.

             WORD DEEL:

 

Om geestelik te groei gebeur nie wanneer ons weet wat Jesus sê nie.  Dit gebeur wanneer ons toepas wat Hy sê. Toepassing is die beste wanneer dit gedoen word in verhouding tot ander.  Om geestelik te groei is betekenisvolle gepaste verhoudings met ander gelowiges nodig.

             DIEN:

 

Ons glo dat wanneer mense begin dien, lewens verander.  Of jy dien in 'n bediening in ons kerk, in die gemeenskap of in die wêreld.  God roep ons om mekaar te dien. 

             DRA BY:

 

Ons glo dat ons geroep is om uit dit wat God vir ons gee vir Hom uit dank iets terug te gee.  Dit maak die bestaan en groei van God se kerk moontlik.  'n Tiende is die Bybelse maatstaf hiervoor.

             NOOI:

 

Ons glo dat om ten volle betrokke te wees by die kerk, dit nodig is dat ons moeite moet doen met die ongelowige en kerklos mense in ons lewens. 

bottom of page